Job Details

Proelokaalbestuurder - De Wet Wynkelder

Closing Date : 2018-05-25
Closed : Yes
Description:
Proelokaalbestuurder De Wet Wynkelder, geleë in die skilderagtige Worcester Wynstreek, beskik tans oor die bogenoemde posisie. Die suksesvolle kandidaat is interpersoonlik sterk, gebruik eie inisiatief, is verantwoordelik en vlot tweetalig. ‘n Relevante na-skoolse kwalifikasie en ondervinding in die verkope van wyn, aanbieding van wynproeë, reël van funksies en gepaardgaande administrasie is vereistes vir die pos. Die Proelokaalbestuurder is verantwoordelik vir *die ontvangs van besoekers * koördinering van funksies/feeste/wynproeë asook aangeleenthede by die kelder * aanbieding van wynproeë * wynverkope * wynadministrasie * bestuur van sosiale media platforms * voorraadbeheer * behulpsaam met plaaslike bemarking * logistieke administrasie * alle ander administratiewe funksies wat verband hou met die pos. De Wet Wynkelder bied ‘n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 25 Mei 2018. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik. NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...