Job Details

Rekenmeester: Algemeen en kostebestuur - uniWines

Closing Date : 2018-05-23
Closed : Yes
Description:
uniWines Vineyards, met hulle hoofkantoor geleë in die pragtige Breedekloof Wynstreek, beskik tans oor die volgende betrekking. Rekenmeester: Algemeen en kostebestuur Indien u ’n goeie spanpersoon is met ’n sistematiese professionele benadering van logiese denke tydens probleemanalisering, en oor goeie bestuurs- en interpersoonlike vaardighede beskik, sal hierdie ’n stimulerende loopbaanskuif na ’n goedgevestigde onderneming wees. Die aanstelling verg voorts ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie – PR(SA) / CIMA of gelykwaardig – en ten minste drie jaar toepaslike ervaring. Vorige ondervinding in ’n soortgelyke pos in die wynbedryf, kan in die aansoeker se guns tel. Die suksesvolle aansoeker sal aan die Hoof van Finansies rapporteer en is primêr verantwoordelik vir: • oorhoofse koste-berekeninge en kostebestuur • interne ouditprosesse • boekhouding tot finansiële staatvlak • voorraadbeheer • BTW en aksyns-berekeninge • opstelling van internet-bankbetalings • skakeling met oudit- en ander finansiële instellings • fakturering en volle debiteurekontrole • oorhoofse nasienfunksie op krediteure & uitgawes • maandelikse afsluiting en rekonsiliasies • assistering met die opstel van finansiële state en bestuursverslae. In ruil vir u bydrae bied uniWines Vineyards ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 23 Mei 2018. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Indien geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang is nie, kan aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...