Bemarker: Binnelands en omliggend - uniWines
Closing Date : 2018-05-23
Closed : Yes
Description:
uniWines Vineyards, met hulle bemarkingskantoor geleë in die pragtige Breedekloof Wynstreek, beskik tans oor die volgende betrekking.
Bemarker: Binnelands en omliggend
Hierdie is 'n uitmuntende loopbaangeleentheid vir 'n persoon met ’n positiewe, energieke en entoesiastiese lewensbenadering. Die suksesvolle kandidaat moet oor uitstekende taal- en kommunikasievaardighede beskik en met mense op alle vlakke kan kommunikeer. Voorts moet die kandidaat oor die vermoë beskik om effektief te prioritiseer in ’n vinnig bewegende besigheids omgewing. 'n Toepaslike naskoolse kwalifikasie asook ondervinding in 'n soortgelyke betrekking in die wynbedryf sal in die aansoeker se guns tel.
Die suksesvolle aansoeker sal verantwoordelik wees vir skakeling met bestaande plaaslike kliënte en identifisering van moontlike nuwe plaaslike & internasionale kliënte, instandhouding en uitbou van kliënteverhoudinge, opstel van handelsverslae op ’n daaglikse, weeklikse en maandelikse basis. Verder word verwag dat die aansoeker as skakelbeampte dien vir enige toepaslike geleentheid waar die maatskappy se produkte & dienste betrek word.
In ruil vir u bydrae bied uniWines Vineyards ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 23 Mei 2018. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang is nie, kan aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...