Assistent Wynmaker - Groot Constantia
Closing Date : 2018-05-29
Closed : Yes
Description:
Groot Constantia Landgoed, geleë in Constantia, benodig ‘n uitstekende kommunikeerder met sterk interpersoonlike en leierskaps-vaardighede, wat ten volle gekwalifiseerd is in Wingerdbou en Wynkunde. Toepaslike ondervinding, internasionaal of plaaslik, sal sterk in die aansoeker se guns tel maar is nie ’n vereiste nie.
Die Assistent Wynmaker is verantwoordelik vir * die koördinering van parsaktiwiteite * nasorg, versnyding en stabilisering van wyn * voorraadbeheer en kelderhigiëne * die wynmaakproses saam met Keldermeester * beheer en toesig oor kelderpersoneel * skakeling ten opsigte van bottelwynverkope, wynproë en –promosies * alle administratiewe funksies verwant aan die pos.
In ruil vir jou bydrae bied Groot Constantia ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 29 Mei 2018. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...