Job Details

Finansiële Bestuurder - Lutzville Wingerde

Closing Date : 2018-05-24
Closed : Yes
Description:
Lutzville Wynkelder, geleë aan die Weskus Wynroete, beskik tans oor die bogenoemde loopbaangeleentheid vir ’n dinamiese persoon wat ten volle tweetalig is, goeie menseverhoudinge handhaaf, uitstekend kommunikeer, organisatories, onder druk en baie noukeurig kan werk. ’n Toepaslike naskoolse rekeningkundige kwalifikasie [Geoktrooieerde Rekenmeester (CA)], ±10 jaar ondervinding in ’n soortgelyke pos, goeie rekenaarvaardighede en ’n geldige rybewys is verdere vereistes vir die pos. Ondervinding in die landboubedryf en ondervinding van die implementering van bestuursinligtingstelsels sal in die aansoeker se guns tel. Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die Hoof Uitvoerende Bestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir die bestuur van die totale finansiële afdeling wat insluit: • maandelikse bestuurstate • jaareind- finansiële state • jaarlikse begrotings • grootboek • instandhouding van die bestuursinligtingstelsel • tesouriefunksie • oorkoepelende bestuur van debiteure- en krediteurefunksie • personeelbestuur • voortdurende ontwikkeling, implementering en verfyning van interne beheerstelsels en kontroles • nakoming van statutêre en regulatoriese vereistes • skakeling met instansies soos eksterne ouditeure, bankiers en versekeringmakelaars. In ruil bied Lutzville Wynkelder ‘n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief voor 09:00 op 24 Mei 2018 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir enige verdere navrae, kontak vir Ilze van Niekerk by tel. 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik Indien u binne 30 dae geen terugvoering ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...