Job Details

Proelokaalbestuurder - Merwida Wynkelder

Closing Date : 2018-05-02
Closed : Yes
Description:
Merwida Wynkelder, geleë in die skilderagtige Breedekloof Wynvallei, beskik tans oor die bogenoemde posisie - wat deel vorm van opwindende uitbreidingsplanne. Die suksesvolle kandidaat is interpersoonlik sterk, gebruik eie inisiatief, is verantwoordelik en vlot tweetalig. ‘n Relevante na-skoolse kwalifikasie en ondervinding in die verkope van wyn, aanbieding van wynproeë en gepaardgaande administrasie is vereistes vir die pos. Die Proelokaalbestuurder is verantwoordelik vir *die ontvangs van besoekers * koördinering van funksies/feeste/wynproeë * aanbieding van wynproeë * wynverkope * wynadministrasie * bestuur van sosiale media platforms * voorraadbeheer * behulpsaam met plaaslike bemarking * logistieke administrasie * alle ander administratiewe funksies wat verband hou met die pos. Merwida Wynkelder bied ‘n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 2 Mei 2018. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik. NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was

×Please sign-in or register before you can apply for this job...