Produksiebestuurder (Wynbedryf)
Closing Date : 2018-04-19
Closed : Yes
Description:
Produksiebestuurder
(Wynbedryf)
Ons kliënt, ‘n toonaangewende wynmaatskappy geleë in die Paarl/Stellenbosch omgewing, beskik tans oor die bogenoemde geleentheid. Die ideale kandidaat beskik oor uitstekende bestuursvernuf, goeie menseverhoudinge en uitstekende kommunikasie vaardighede. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie, in-diepte kennis van wyn, wynstyle, die bereidingsproses en bottelering, asook ten minste 8 - 10 jaar ondervinding in ’n produksie/bottelerings omgewing is vereistes vir die pos.
Die suksesvolle kandidaat rapporteer direk aan die Hoofbestuurder, vorm deel van die uitvoerende komitee en sal vir die volgende verantwoordelik wees: * bestuur van koste effektiewe produksieprosesse binne bepaalde tydlyne * opstel en aanpassings van die produksie- en tydskedules * handhawing van optimale voorraadvlakke * toesien dat produkte van hoë gehalte en kwaliteit vervaardig word * implementering en monitering van kwaliteitstelses * toepassing van gesondheids en veiligheidsriglyne volgens wetgewing * opstel en bestuur van produksiebegrotings * koördineer instandhouding van alle masjinerie en toerusting * wynaankope * belangegroep verhoudigsbestuur * bestuur en motivering van personeel * alle ander ad hoc take wat van tyd tot tyd verwag word van die pos.
Ons kliënt bied ‘n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 19 April 2018. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...