Plaasbestuurder
Closing Date : 2018-03-28
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, geleë in Rawsonville, beskik tans oor die volgende posisie.
Plaasbestuurder
Hierdie uitdagende en opwindende geleentheid benodig ’n energieke Plaasbestuurder met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede en ongeveer 3 tot 5 jaar ondervinding. ’n Toepaslike na-skoolse kwalifikasie asook ’n natuurlike meganiese aanleg vir basiese instandhoudingswerk is verdere vereistes vir die pos.
Die suksesvolle kandidaat sal aan die Eienaar rapporteer en verantwoordelik wees vir die bestuursfunksie sowel as die volgende pligte: • wingerdaanplantings • bemesting • siekte- en plaagbeheer • snoeiprogramme • druiwevoorbereiding • onkruidbeheer • personeelbestuur • boerdery- en loonadministrasie • begrotingsbestuur • bestuur van gehaltebeheerstelsels (IPW) • instandhouding van masjinerie en toerusting • alle ander take wat met die pos verband hou.
In ruil bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief voor 09:00 op 28 Maart 2018 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management optel. 021 863 1444.
Diensaanvaarding: so spoedig moontlik.
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang is nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...