Job Details

Admin en Rekeningkundige Asst - Greenway Interiors

Closing Date : 2018-03-22
Closed : Yes
Description:
Administrasie en Rekeningkundige Assistent Greenway Interiors Design geleë in Paarl, beskik tans oor bogenoemde betrekking, vir ’n energieke, dinamiese persoon wat eie inisiatief kan gebruik en oor goeie kommunikasievaardighede beskik in beide Afrikaans en Engels. Matriek sertifikaat, sowel as deeglike administratiewe, rekenaar- en syfervaardighede is vereistes vir die pos. Die suksesvolle aansoeker sal verantwoordelik wees vir alle administratiewe en sekretariële funksies * basiese administrasie van krediteure * fakturering * baiese administrasie van rekonsiliasies * behulpsaam met voorraadbeheer en bestellings * liasseering * algemene menslike hulpbron administrasie en alle ander take verwant aan die pos. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 22 Maart 2018. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management 021 863 1444. Diensaanvaarding: 2 April 2018. NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang is nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...