Krediteure/Admin Beampte - Diemersdal Wines
Closing Date : 2018-02-20
Closed : Yes
Description:
Diemersdal, die welbekende Wynlandgoed in die Durbanville Wynstreek, beskik tans oor die volgende betrekking:
Krediteure/Administratiewe Beampte
Hierdie is 'n goeie loopbaangeleentheid vir gevestigde en volwasse persoon wat ingestel is op fyn besonderhede, eienaarskap neem oor sy/haar werk en oor sterk interpersoonlike vaardighede beskik. ’n Naskoolse finansiële kwalifikasie sal in die kandidaat se guns tel terwyl ervaring in ’n soortgelyke posisie ’n vereiste is. ’n Verdere vereiste is deeglike ervaring in Pastel Partner, Pastel Point-of-Sale, asook WineMS.
Die suksesvolle aansoeker sal verantwoordelik wees vir lone en pensioen werk van plaas- en kelder werkers * bestuur van ‘point-of-sale’ sisteem * teboekstelling en rekonsiliasie van krediteure * rekonsiliëring van kontant transaksies * algemene kantoorbestuur en administratiewe take * alle ander verwante funksies tot die posisie.
In ruil vir u diens bied Diemersdal ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 20 Februarie 2018. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang is nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...