Job Details

Plaasbestuurder (Sagtevrugte/Wyndruiwe)

Closing Date : 2018-02-28
Closed : Yes
Description:
PLAASBESTUURDER (Sagtevrugte / Wyndruiwe) Ons kliënt, geleë in die skilderagtige Robertson distrik, produseer steenvrugte en druiwe van uitstaande gehalte en beskik tans oor die bogenoemde betrekking. Die geskikte kandidaat is ’n passievolle jong landboukundige wat met selfvertroue en ’n verantwoordelikheidsin te werk gaan. Die posbekleër moet goeie menseverhoudinge kan handhaaf, onafhanklik kan funksioneer en eie inisiatief kan gebruik. ’n Toepaslike na-skoolse kwalifikasie asook ondervinding van steenvrug-/wyndruifverbouing is vereistes vir die pos. Ondervinding van Globalgap, Grasp, Sieta en Wieta sal in die aansoeker se guns tel. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die bestuursfunksie en pligte behels onder andere: • aanplantings • bemesting • plaagbeheer • snoeiprogramme • onkruidbeheer • gehaltebeheer • besproeiing • toesighouding en motivering van personeel • primêre/elementêre instandhouding • administrasie en ook alle ander take verwant aan die pos. In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief voor 09:00 op 28 Februarie 2018 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management, tel. 021 863 1444. Diensaanvaarding: 1 Mei 2018 Indien geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang is nie, kan aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...