Job Details

Junior Restaurantbestuurder

Closing Date : 2015-08-25
Closed : Yes
Description:
Pierneef à La Motte, in die pragtige Franschhoek-vallei geleë, bied tans ’n uitstekende beroepsgeleentheid aan ’n persoon met ’n positiewe, energieke en entoesiastiese ingesteldheid, wat goed onder druk kan presteer. Die ideale aansoeker is ten volle tweetalig met goeie kommunikasievaardighede. ’n Senior Sertifikaat, ’n kursus in Hotelbestuur of ’n gelykwaardige kwalifikasie asook deeglike rekenaar- en administratiewe vaardighede, is vereistes vir die pos. Die suksesvolle aansoeker moet oor eie vervoer beskik en bereid wees om lang ure, oor naweke en op openbare vakansiedae te werk. Die suksesvolle kandidaat se pligte sal onder andere behels: • koördinering van restaurantaktiwiteite • afsluiting van kasregister • hantering van navrae van klante • organisering en aanbieding van funksies en verwante byeenkomste • toesighouding oor restaurantpersoneel • voorraadbeheer • ontvangs van gaste en alle ad hoc-administratiewe take. La Motte bied ’n mededingende salaris aan, wat die graad van voldoening aan bogenoemde vereistes weerspieël. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Indien u geen terugvoering binne twee weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...