Bemarkingsbestuurder
Closing Date : 2015-08-24
Closed : Yes
Description:
Overhex Wines International, een van Suid-Afrika se mees dinamiese maatskapye wat in die internasionale wynbedryf meeding, bied die
bogenoemde loopbaangeleentheid aan ’n persoon met ’n positiewe, energieke en entoesiastiese lewensbenadering. Die ideale kandidaat beskik oor ’n toepaslike bemarkingskwalifikasie, ten minste 2 jaar toepaslike ondervinding en moet onder druk en in ’n hegte spanomgewing kan werk. Vaardigheid in Adobe Suites en digitale mediaondervinding sal in die kandidaat se guns tel. Wynkennis sal die kandidaat se aansoek verder versterk.
Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir die totale bemarkingsfunksie, insluitend promosie -en beeldbou-oefeninge • handelsmerkontwikkeling
en -onderhoud • alle digitale media • markbehoeftebepaling • skakeling met die media • bestuur van die junior grafiese personeel • ad hocadministratiewe take.
Die mededingende vergoedingspakket sal ondervinding en kwalifikasies weerspieël.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u
aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...