Onderhouds Beampte - Tulpak Edms
Closing Date : 2017-11-27
Closed : Yes
Description:
Tulpak (Edms) Bpk, ‘n gevestigde vrugte verpakkings maatskappy geleë in Tulbagh, beskik tans oor die bogenoemde betrekking. Die suksesvolle aansoeker is ‘n bekwame en selfgemotiveerde persoon met die vermoë om akkuraat en onder druk te werk. Matriek, ‘n geldige rybewys (Kode 8) asook eie vervoer is vereistes vir die pos.
Die aansoeker se sleutel pligte behels onder andere:
- Instandhouding van 2 pakhuise
- Instandhouding van verkoelingstelsel
- Instandhouding van voertuie, vurkhysers, ens.
Ondervinding en kennis van die volgende is vereistes:
- Pakhuis toerusting
- Ammoniakverkoelingstelsel (dit is ‘n aanbeveling)
- Sweisvaardig
- Algemene meganiese kennis van voertuie en vurkhysers
- Dinamiese, flink geaardheid
- Bereid om langer diensure gedurende seisoen (November tot Mei) te werk
- Naweek diensbeurte gedurende seisoen
In ruil vir jou bydrae bied Tulpak ‘n markverwante salaris aan na gelang van u kennis en ondervinding.
Stuur asseblief u aansoek na recruitment@m3online.co.za voor 09:00 op 27 November 2017. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021-863 1444.
Diensaanvaarding: Onmiddellik
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...