Inname Klerk (Seisoenale Posisie) Tulpak
Closing Date : 2017-11-15
Closed : Yes
Description:
Inname Klerk
(Seisoenale Posisie)
Tulpak (Edms) Bpk, ’n gevestigde vrugte verpakkings maatskappy geleë in Tulbagh, beskik tans oor die bogenoemde seisoenale (1 November 2017 tot 31 Mei 2018) betrekking. Die suksesvolle aansoeker is ’n bekwame, dinamiese en selfgemotiveerde persoon met die vermoë om akkuraat en onder druk te werk. Matriek, rekenaarvaardigheid, ’n geldige rybewys (Kode 08) asook eie vervoer is vereistes vir die pos.
Die geskikte kandidaat is bereid om langer ure te werk. Vorige pakhuis ondervinding sal voordelig wees.
In ruil vir jou bydrae bied Tulpak ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 15 November 2017. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444.
Diensaanvaarding: Onmiddelik
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...