Job Details

Logistieke Bestuurder - Tulpak

Closing Date : 2017-11-15
Closed : Yes
Description:
Tulpak (Edms) Bpk, ’n gevestigde vrugte verpakkings maatskappy geleë in Tulbagh, beskik tans oor die bogenoemde betrekking. Die suksesvolle aansoeker is ’n bekwame, dinamiese en selfgemotiveerde persoon met die vermoë om akkuraat en onder druk te werk. Matriek, rekenaarvaardigheid, ’n geldige rybewys (Kode 08) asook eie vervoer is vereistes vir die pos. Die aansoeker se pligte behels o.a. * hantering van uitvoerdokumentasie * voorraadbeheer * koördinering van aktiwiteite * kommunikasie met kliënte * alle administratiewe take verwant aan die pos. Vorige ondervinding van ’n pakhuis logistieke stelsel sal voordelig wees. Toepaslike tersiere kwalifikasie sal as sterk aanbeveling dien. In ruil vir jou bydrae bied Tulpak ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 15 November 2017. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444. Diensaanvaarding: Onmiddellik NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...