Job Details

Etiketteringslynoperateur

Closing Date : 2017-12-04
Closed : Yes
Description:
Koelenhof Wynkelder, geleë in die Stellenbosch Wynvallei, beskik tans die volgende betrekking: ETIKETTERINGSLYNOPERATEUR Die ideale kandidaat beskik oor goeie interpersoonlike, leierskaps-en kommunikasievaardighede, kan onder druk funksioneer en aandag gee aan fyn besonderhede. Matriek plus drie jaar ondervinding van etiketteringslynne, tegniese agtergrond van produksielyne asook eie vervoer en ‘n geldige voertuiglisensie is voorvereistes, terwyl toepaslike ondervinding in die wynbedryf en produksie proses kennis in die aansoeker se guns sal tel. Die suksesvolle kandidaat rapporteer aan die Botteleringsbestuurder en sal verantwoordelik wees vir * lynbestuur * instandhouding van etiketterings en verwante masjiene * handhawing van gehaltebeheer * verliesbeheer van voorraad * toesighouding oor personeel. In ruil bied Koelenhof Wynkelder 'n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 4 Desember 2017. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management 021 863 1444. Aanvangsdatum: So gou as moontlik. NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was

×Please sign-in or register before you can apply for this job...