Job Details

Administrateur & Droëvoorraadkontroleur

Closing Date : 2017-11-17
Closed : Yes
Description:
Koelenhof Wynkelder, geleë in die Stellenbosch Wynvallei, beskik tans die volgende betrekking: Administrateur & Droëvoorraadkontroleur (Bottelering) Die geskikte kandidaat is ’n bekwame, dinamiese en selfgemotiveerde persoon met die vermoë om akkuraat en onder druk te kan werk. Matriek, toepaslike kortkursusse, ondervinding van voorraadadministrasie en rekenaarvaardigheid is vereistes vir hierdie pos. Ondervinding van die wynbedryf en kwaliteitstelsels (bv. BRC) sal in die aansoeker se guns tel. Die suksesvolle kandidaat rapporteer aan die Botteleringsbestuurder en sal verantwoordelik wees vir * beplanning & ontvang van droëvoorraad * droëvoorraad rekonsiliasies * skakeling met kliënte rakende produkspesifikasies & droëvoorraad * asook alle ander ad hoc take wat verband hou met die betrekking. In ruil bied Koelenhof Wynkelder 'n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 17 November 2017. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management 021 863 1444. Aanvangsdatum: So gou as moontlik. NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was

×Please sign-in or register before you can apply for this job...