Logistieke Beampte (Paarl) - Nexus AG
Closing Date : 2017-11-15
Closed : Yes
Description:
NexusAG is een van die voorste verspreiders van landboumiddels wat omvattende oesbeskermingsdienste aan hul kliënte in Suidelike Afrika bied.
LOGISTIEKE BEAMPTE
(Paarl)
Die suksesvolle kandidaat beskik oor • ’n logistieke kwalifikasie (aanbeveling) • praktiese rekeningkundige ervaring • syfer- en rekenaarvaardigheid (MS Office en Sage X3) • die vermoë om goed onder druk te presteer • uitstekende interpersoonlike vaardighede • bogemiddelde organiserings- en probleemoplossingsvaardighede.
Verantwoordelikhede sluit in: • administrasie van voorraadbestellings • voorraadkontrole • algemene debiteureadministrasie • direkte en gereelde skakeling met alle rolspelers insluitend kliënte, agente en verskaffers.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 15 November 2017. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital op tel. 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...