Job Details

Voorraad en Logistieke Koördineerder

Closing Date : 2017-11-06
Closed : Yes
Description:
Rhebokskloof Wynlandgoed, geleë naby die Paarl, beskik tans oor die volgende betrekking vir 'n dinamiese, self-gemotiveerde persoon met die vermoë om akkuraat en onder druk te werk. 'n Matriek sertifikaat, ten minste drie jaar ondervinding in 'n soortgelyke posisie asook rekenaarvaardigheid (MS Office) is minimum vereistes vir hierdie pos. 'n Toepaslike tersiêre kwalifikasie en kennis van logistieke bestuur sal in die aansoeker se guns tel terwyl bewese ervaring in die wynbedryf ‘n verdere vereiste is. Die pligte behels onder andere: * voorraad kontrole * alle aspekte rakende die hantering van die uitvoer dokumentasie *kontrole oor alle bestellings en afleweringsprosesse * faktuering * SAWIS/doeane en aksyns administrasie * personeelbestuur & dag-tot-dag skakeling met logistieke maatskappye * alle ander administratiewe take wat verband hou met die pos. In ruil bied Rhebokskloof Wynlandgoed 'n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 6 November 2017. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management 021 863 1444. Aanvangsdatum: So gou as moontlik. NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...