Job Details

Debiteure Klerk (Vaste termyn kontrak)

Closing Date : 2017-10-19
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, ’n gevestigde landbou onderneming geleë in die Paarl, midde-dorp beskik tans oor die onderstaande vakature: DEBITEURE KLERK (vaste termyn kontrak) Die suksesvolle aansoeker moet ten volle tweetalig wees, organisatories, onder druk en baie noukeurig kan werk asook ’n sterk aanvoeling vir finansies hê. Toepaslike ondervinding in 'n soortgelyke betrekking met deeglike administratiewe, rekenaar- (Pastel /MS Word/MS Excel) is vereiste vir hierdie pos terwyl ’n na-skoolse kwalifikasie in die aansoeker se guns sal tel. Die aansoeker sal verantwoordelik wees vir die debiteure funksies van die onderneming en behels onder andere * fakturering * die verwerking van alle fakture en kredietnotas * opvolg van uitstaande debiteure * maandelikse afsluiting van debiteure * opstel en uitstuur van maandstate en ander ad hoc finansiële en administratiewe funksies. In ruil bied ons kliënt ’n mededingede vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 19 Oktober 2017. Vir algemene navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik. NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was

×Please sign-in or register before you can apply for this job...