Job Details

Plaasbestuurder

Closing Date : 2017-10-18
Closed : Yes
Description:
PLAASBESTUURDER (Sagtevrugte en Wyndruiwe) Ons kliënt, geleë buite Robertson, beskik tans oor die bogenoemde posisie vir ’n jong en energieke Plaasbestuurder met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede en ongeveer 5 tot 8 jaar ondervinding. Kennis van WIETA,BSCI/SMETA en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes sowel as ’n geldige Kode 10-rybewys en PDP is verdere vereistes vir die pos. Die suksesvolle kandidaat sal aan die Eienaar rapporteer en verantwoordelik wees vir die bestuursfunksie, insluitend die volgende: • wingerdaanplantings • bemesting • siekte- en plaagbeheer • snoeiprogramme • besproeiing • druiwevoorbereiding • onkruidbeheer • personeelbestuur • boerdery-administrasie • begrotingsbestuur • alle ander take met die pos verband hou. In ruil bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief voor 09:00 op 18 Oktober 2017 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management, tel. 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...