Job Details

Botteleringslynbestuurder - BBK

Closing Date : 2017-10-16
Closed : Yes
Description:
BOTTELERINGSLYNBESTUURDER Breëriviervallei Botteleringskoöperasie is geleë in Worcester waar hul primêr verantwoordelik is vir die bottelering van hul lede se wyne. Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die Produksiebestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir een van die botteleerlyne. Persone met die volgende bewese ervaring kan gerus aansoek doen: Bestuur van produksielyn. Meganiese en elektroniese onderhoud van en reparasies aan masjiene. Handhawing van gehaltebeheer en produkspesifikasies. Verliesbeheer van voorraad. Toesighouding oor operateurs en ander personeel. BRC en ISO standaarde ondervinding Die ideale kandidaat moet beskik oor: Matriek plus 2-3 jaar ondervinding van botteleerlyne of soortgelyke produksie-omgewing. Tegniese agtergrond van produksielyne. Meganiese en elektroniese agtergrond van botteleermasjiene Toesighouersvaardighede. Blootstelling aan ’n ISO beheerde werksomgewing. Vermoë om onder druk te funksioneer. Bereidwillig om soms oortyd te werk. Die Koöperasie bied die normale werknemersvoordele en markverwante salaris eie aan ’n groot onderneming. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 16 Oktober 2017. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...