It appears you are using an older browser, please note that this site will not function properly!
Job Details

Wynmaker

Closing Date : 2017-10-04
Closed : Yes
Description:
Wynmaker

Ons kliënt, ’n gevestigde wynlandgoed geleë in die Darling Wynstreek, beskik tans oor bogenoemde vakature. Die suksesvolle kandidaat beskik oor ‘n BSc (Wingerdbou en Wynkunde) kwalifikasie sowel as ongeveer 3 jaar ondervinding van die totale wynmaakproses.

Die Wynmaker is verantwoordelik vir die volgende: Bestuur van gehaltebeheerstelsels (Wieta, IPW ens), die totale wynmaakproses, voorraadbeheer en produksie administrasie, versnyding en stabilisering, skakeling met interne en eksterne kliënte, beheer en toesig oor kelder personeel sowel as ander take wat normaalweg met hierdie pos geassosieer word.

In ruil vir u dienste bied ons kliënt ‘n mededingende vergoedingspakket aan.

Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 4 Oktober 2017. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.

NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.