Job Details

Bestuurder/Wynmaker - Calitzdorp Wynkelder

Closing Date : 2017-10-06
Closed : Yes
Description:
Calitzdorp Wynkelder, geleë in die skilderagtige Klein Karoo naby Oudtshoorn, beskik tans oor die onderstaande uitdagende posisie. BESTUURDER/WYNMAKER Hierdie pos is ideaal vir ’n persoon wat ’n uitstekende kommunikeerder is met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede wat ten volle gekwalifiseerd is in Wingerdbou en Wynkunde. Bewese bestuursvaardighede en ongeveer 5 jaar toespaslike ondervinding van die vervaardiging en bereiding van kwaliteit wyne is verdere vereistes vir die pos. As hoof van die wynkelder sal u ook verantwoordelik wees vir die bestuur van die personeel tesame met die totale produksieproses asook strategiese en risikobestuur wat die volgende insluit: *algemene bestuur van kelder * die totale wynbereidingsproses * die beplanning en bestuur van kelderaktiwiteite * bemarking en verkope van bulkwyn * voorraadbeheer en ander take verwant aan die pos. Calitzdorp Wynkelder bied ’n mededingende salaris eie aan die senioriteit van die pos. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 6 Oktober 2017. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...