Assistent Wynmaker - Rooiberg Wynkelder
Closing Date : 2017-08-31
Closed : Yes
Description:
Rooiberg Wynkelder, geleë in die Robertson Wynvallei, beskik tans oor die volgende betrekking:
ASSISTENT-WYNMAKER
Die suksesvolle kandidaat is ‘n goeie kommunikeerder met ’n naskoolse kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde asook minstens 2 jaar ondervinding van die totale wynmaakproses. Rekenaarvaardigheid en kennis van gehaltebeheerstelsels (IPW, SABS, HACCP en WIETA) is verdere vereistes vir die pos. Wingerdboukundige kennis en ondervinding van Wine MS sal in die aansoeker se guns tel.
Die assistent-wynmaker rapporteer direk aan die keldermeester en is verantwoordelik vir: • die koördinering van kelder- en parsaktiwiteite • die totale wynmaakproses • versnyding en stabilisering van wyn • botteleringsbeplanning en -skedulering • bestuur van gehaltebeheerstelsels (ISO 9001:2008) • skakeling tussen die lede en wingerdboukonsultant • behulpsaam met bemarkingsaktiwiteite en aanbied van wynproeë • voorraadbeheer • beheer, toesig en bestuur van kelderpersoneel • behulpsaam met die aankoop van chemikalieë • kelderadministrasie asook ander take wat normaalweg met die pos verband hou.
In ruil vir u dienste bied Rooiberg Wynkelder ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief voor 09:00 op 31 August 2017 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir enige verdere navrae kontak Ilze van Niekerk by tel. 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was
×Please sign-in or register before you can apply for this job...