Job Details

Wingerdboukundige - Mcgregor & Montagu Winery

Closing Date : 2017-08-30
Closed : Yes
Description:
Wingerdboukundige Ons kliënte, geleë in die skilderagtige Montagu en Robertson Wynvallei, beskik tans oor die bogenoemde betrekking: Hierdie kelders, geleë in die skilderagtige Montagu en Robertson Wynvallei, beskik tans oor ’n betrekking vir ’n toegewyde Wingerdboukundige met ’n passie vir wingerdbou en wyn. Gesamentlik het die kelders sowat 1 400 hektaar onder wingerd. Die geskikte kandidaat moet leiding en inisiatief kan neem om produsente van advies te bedien en hulle te lei om die kelder se doelwitte te bereik. Die kandidaat moet oor uitstekende interpersoonlike vaardighede beskik en goed binne spanverband met die produksie- en bemarkingsafdelings kan saamwerk. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie en sterk adminstratiewe en rekenaarvaardighede is verdere vereistes vir die pos. Die suksesvolle kandidaat sal direk aan die Hoofbestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir: • alle fasette van wingerdbou-advies aan produsente • identifisering van en detail-betrokkenheid by strategiese wingerdblokke • bestuur van druiwelewerings gedurende parstyd • betrokkenheid by toepaslike kelderaktiwiteite • IPW-rekordhouding • Wieta en bestuur van kwaliteitskontrolestelsels • behulpsaamheid by wynpromosies en -verkope • alle administratiewe en rekenaartake op WineMS. In ruil vir jou bydrae bied ons ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 30 Augustus 2017. Vir enige verdere navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management op tel. 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...