Job Details

Wingerdboukundige - Badsberg Wynkelder

Closing Date : 2017-08-22
Closed : Yes
Description:
Badsberg Wynkelder, ’n dinamiese wynkelder wat wyne van uitstaande gehalte vir beide die plaaslike en internasionale mark maak, beskik tans oor die volgende vakature. Wingerdboukundige Die geskikte kandidaat moet beskik oor goeie interpersoonlike verhoudinge en vaardighede, die vermoë om binne spanverband saam met die produksiespan en produsente te werk en onafhanklik op te tree. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie en sterk administratiewe en rekenaarvaardighede is verdere vereistes vir die pos. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir: • alle fasette van wingerdbou-advies aan produsente • identifisering van en detail-betrokkenheid by strategiese wingerdblokke • bestuur van druiwelewerings gedurende parstyd • betrokkenheid by toepaslike kelderaktiwiteite • IPW-rekordhouding • Wieta en bestuur van gehaltebeheerstelsels • behulpsaam by wynpromosies en -verkope • alle administratiewe en rekenaartake op WineMS. In ruil vir u bydrae bied Badsberg ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief voor 09:00 op 22 Augustus 2017 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir enige verdere navrae kontak Ilze van Niekerk by tel. 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was

×Please sign-in or register before you can apply for this job...