Assistent Wynmaker - Badsberg Wynkelder
Closing Date : 2017-08-22
Closed : Yes
Description:
Badsberg Wynkelder, ’n dinamiese wynkelder wat wyne van uitstaande gehalte vir beide die plaaslike en internasionale mark maak, beskik tans oor die volgende vakature.
Assistent-Wynmaker
Die Assistent-Wynmaker beskik oor ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie en sal verantwoordelik wees vir: • die köordinering van parsaktiwiteite • versnyding en stabilisering van wyn • voorraadbeheer en hulp met die aankope van chemikalieë • kelderadministrasie • die wynmaakproses • bestuur en implementering van gehaltebeheerstelsels • beheer en toesig oor kelderpersoneel • skakeling ten opsigte van wynproeë en -promosies.
In ruil vir u bydrae bied Badsberg ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief voor 09:00 op 22 Augustus 2017 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir enige verdere navrae kontak Ilze van Niekerk by tel. 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...