Job Details

Wynmaker (Wyndienste en Skedulering) - BBK

Closing Date : 2017-08-21
Closed : Yes
Description:
WYNMAKER (Wyndienste en skedulering) BBK met sy wynbotteleringsaanleg in Worcester benodig ‘n gemotiveerde, georganiseerde, betroubare, hardwerkende persoon met sterk interpersoonlike en leierskaps-vaardighede, wat onafhanklik, akkuraat en onder druk kan funksioneer. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie (BSc/BAgric Wynkunde) en 3-5 jaar ondervinding in ’n wynproduksie omgewing is vereistes vir die pos. Die suksesvolle kandidaat sal aan die Hoofbestuurder rapporteer met die volgende verantwoordelikhede as kerntake; • Bestuur van wyndienste afdeling • Wyn inname en produksie skedulering • Kliënteskakeling met betrekking tot produk spesifikasies en logistieke reëlings. • Skakeling met diensverskaffers • Personeelbestuur • Kostebestuur • Voorraadbestuur • Handhawing van kwaliteit- en voedselveiligheid standaarde • Handhawing van goeie vervaardigingspraktyke en beroepsgesondheid- en veligheid standaarde. In ruil vir u bydrae bied BBK ‘n mededingende vergoedingspakket aan wat die graad van die pos weerspieël Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 21 Augustus 2017. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management, tel. 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...