Fasiliteitebestuurder - Hoër Jongenskool Paarl
Closing Date : 2017-08-23
Closed : Yes
Description:
Hoër Jongenskool Paarl beskik tans oor die onderstaande vakature:
Fasiliteitebestuurder
Die Fasiliteitebestuurder is verantwoordelik vir die bestuur van verskillende fasiliteite van die skool en die koshuise om te verseker dat ’n professionele beeld ten opsigte van die terrein en geboue te alle tye uitgedra word. Die suksesvolle aansoeker moet aanpasbaar en ten volle tweetalig (Afrikaans en Engels) wees. Die suksesvolle kandidaat moet organisatories bekwaam wees en ’n onderhoudsplan kan ontwikkel en bestuur. Die suksesvolle kandidaat moet ook in staat wees om noukeurige werk onder druk te lewer. Die kandidaat moet oor ervaring van die algemene onderhoud van fisiese geriewe beskik. Goeie bestuursvaardighede is ’n vereiste vir hierdie pos. ’n Kwalifikasie of ervaring in projekbestuur sal in die aansoeker se guns stel. Die kandidaat moet bereid wees om relevante opleiding te ondergaan. Kennis en ervaring van begrotingsbestuur, sowel as algemene gesondheids- en veiligheidsaspekte is ’n sterk aanbeveling.
Die pligte van die Fasiliteitebestuurder is as volg: Oorsig oor en bestuur van: • algemene herstelwerk aan fisiese geriewe en toerusting • instandhouding van skool- en koshuisterreine, insluitend geboue, voertuie en tuine • terreinpersoneel • voorbereiding van terreine vir sport- en ander funksies.
Daar sal van die aansoeker verwag word om soms buite normale werksure take te verrig.
Hoër Jongenskool Paarl bied ’n mededingende vergoedingspakket aan die suksesvolle aansoeker.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 23 Augustus 2017. Vir algemene navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik.
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...