Job Details

Debiteure Klerk - Hoër Jongenskool Paarl

Closing Date : 2017-08-23
Closed : Yes
Description:
Hoër Jongenskool Paarl beskik tans oor die onderstaande vakature: Debiteureklerk Die suksesvolle aansoeker moet ten volle tweetalig (Afrikaans en Engels) wees, organisatories bekwaam wees en in staat wees om noukeurig onder druk te werk. Verdere vereistes vir hierdie pos is rekenaarvaardighede (MS Office en Pastel), syfer- en administratiewe vaardighede en drie tot vyf jaar ondervinding in ‘n soortgelyke betrekking. ’n Toepaslike rekeningkundige kwalifikasie sal in die aansoeker se guns tel. Die pligte van die Debiteureklerk is as volg: die opvolg en invordering van uitstaande geld • maandelikse afsluiting van debiteure • opstel en uitstuur van maandstate • hantering van alle navrae • skakeling met prokureurs en oorhandiging van wanbetalers • opstel van verslae aan die Beheerliggaam •administrasie van kwytskelding • krediteure-administrasie • navrae en ander ad hoc-finansiële en administratiewe funksies. Hoër Jongenskool Paarl bied ‘n mededingende vergoedingspakket aan die suksesvolle aansoeker. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 23 Augustus 2017. Vir algemene navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik. NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...