Witwynmaker - Klawer Cellars
Closing Date : 2017-08-18
Closed : Yes
Description:
Witwynmaker
Klawer Wynkelders, geleë in die Olifantsrivier Wynstreek, beskik tans oor bogenoemde Witwynmakerspos. Die suksesvolle kandidaat is ‘n goeie kommunikeerder met ‘n naskoolse kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde, met ten minste 3 jaar ondervinding van die totale wynmaakproses. Rekenaarvaardigheid is ’n vereiste vir die pos.
Die Wynmaker rapporteer aan die Produksiebestuurder wat saam met die groep wynmakers verantwoordelik is vir * die koördinering van kelder- en parsaktiwiteite * die totale wynmaakprosesse * toesig en bestuur van kelderpersoneel, sowel as ander take wat normaalweg met die pos geassosieer word.
In ruil vir u dienste bied Klawer Wynkelder‘n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 18 Augustus 2017. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444.
Diensaanvaarding: so spoedig moontlik.
NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...