Plaasbestuurder (steenvrugte)
Closing Date : 2017-08-14
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, geleë in die Robertson distrik, produseer steenvrugte van uitstaande gehalte en beskik tans oor die volgende betrekking:
PLAASBESTUURDER
(Steenvrugte)
Die geskikte kandidaat is ’n passievolle boer wat met selfvertroue en ’n verantwoordelikheidsin te werk gaan. Die geskikte kandidaat moet goeie menseverhoudinge kan handhaaf, onafhanklik kan funksioneer en eie inisiatief kan gebruik. Toepaslike ondervinding van steenvrug verbouing is ‘n vereiste vir die pos terwyl ’n toepaslike na-skoolse kwalifikasie in die aansoeker se guns sal tel.
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelike wees vir die totale bestuursfunksie en behels o a * aanplantings * bemesting * plaagbeheer * snoeiprogramme * onkruidbeheer * kwaliteitskontrolering * toesighouding en motivering van personeel * global GAP akkreditasie * administrasie en ook alle ander take verwant aan die pos.
In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 14 Augustus 2017. Vir algemene navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang is nie, kan aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...