Job Details

Kelder Beampte - BBK

Closing Date : 2017-08-17
Closed : Yes
Description:
Kelder Beampte BBK met sy aanleg in Worcester, benodig ‘n gemotiveerde, georganiseerde, betroubare, hardwerkende persoon met ‘n tegniese agtergrond, ‘n matrieksertifikaat en ‘n geldige rybewys. Naskoolse opleiding sowel as rekenaarvaardigheid is voorvereistes, asook ten minste drie jaar ondervinding in die botteleringsbedryf en wynhantering. Die suksesvolle kandidaat sal aan die Senior Tegniese Koördineerder rapporteer met die volgende verantwoordelikhede as kerntake: • Toesighouding oor span • Wynvoorbereidings • Byhou van inhuisstelsel • Analise en evaluering van laboratoriumontledings • Effektiewe kommunikasie • Haal van spertye ten opsigte van produksie en skofskedules • Volhoubare benutting van hulpbronne (filter- en stabilisasietoerusting). Die posbekleër moet onafhanklik, akkuraat en onder druk kan funksioneer en bereid wees om soms nagskofte asook ongereelde oortyd te werk. In ruil vir u bydrae bied BBK ‘n mededingende vergoedingspakket aan wat die graad van die pos sal weerspieël. Doen asseblief voor 09:00 op 17 Augustus 2017 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir enige verdere navrae kontak Ilze van Niekerk by tel. 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...