Job Details

Algemene Administratiewe Beampte (Fisioterapeute)

Closing Date : 2017-08-08
Closed : Yes
Description:
Algemene Administratiewe Beampte (Fisioterapeute) Ons kliënt, ’n fisioterapie-praktyk in die noordelike voorstede, beskik tans oor ’n loopbaangeleentheid vir ’n betroubare, energieke en selfgemotiveerde persoon met die vermoë om akkuraat onder druk en binne spanverband te kan werk. Drie tot vyf jaar toepaslike/mediese ondervinding in ’n soortgelyke betrekking, deeglike administratiewe en rekenaarvaardighede (MS Office) sal in die aansoeker se guns tel. Tweetaligheid is ’n vereiste. Pligte: • skakelbord • skakel met kliënte en verskaffers • organiseer daaglikse werkskedules en naweekrooster vir fisioterapeute • bestel, uitpak en byhou van voorraad • verwerk fakture en kredietnotas • opvolg van uitstaande krediteure • vaslegging van pasientbesonderhede • elektroniese vaslegging van besoeke/transaksies • verwerk IOD-(WCA-) eise • bywerk van personeelrekords • rekeningnavrae • skakel met mediese fondse • ad hoc administratiewe en sekretariële pligte. ’n Mededingende vergoedingspakket word aangebied. Doen asseblief voor 09:00 op 8 Augustus 2017 aanlyn aansoek by www.m3online.co.za Vir enige verdere navrae kontak Ilze van Niekerk by tel. 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...