Job Details

Wynmaker - Ashton Winery

Closing Date : 2017-08-03
Closed : Yes
Description:
Wynmaker Ashton Winery, geleë in die Robertson Wynvallei, beskik tans oor bogenoemde vakature. Die suksesvolle kandidaat is ’n toegewyde, hardwerkende persoon met uitstekende kommunikasie vaardighede en wat ten volle gekwalifiseerd is in Wingerdbou en Wynkunde. ‘n Minimum van 3 jaar ondervinding van die totale wynmaakproses asook kennis van IPW, Wieta en gehaltestelsels soos ISO 22000 is verdere vereiste vir die pos. Die Wynmaker rapporteer direk aan die Senior Wynmaker en is verantwoordelik vir * die koördinering van parsaktiwiteite * die totale wynmaakproses * versnyding en stabilisering van wyn * skakeling met wynaankopers * bestuur van kwaliteitskontrole stelsels (ISO, HACCP en IPW) * wingerdboupraktyke * voorraadbeheer en produksie administrasie * beheer en toesig oor kelderpersoneel sowel as ander take wat normaalweg met die pos assosieer word. In ruil vir u dienste bied Ashton Winery ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 3 Augustus 2017. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444. Diensaanvaarding: 1 Oktober 2017. NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...