Job Details

Junior Winemaker

Closing Date : 2015-10-23
Closed : Yes
Description:
McGregor Wines, geleë in die skilderagtige Robertson Wynvallei, beskik tans oor die bogenoemde betrekking: Hierdie is ’n uitdagende geleentheid vir ’n uitstekende kommunikeerder met sterk interpersoonlike en leierskapsvaardighede, wat ten volle in Wingerdbou en Wynkunde gekwalifiseerd is. Een tot twee jaar toepaslike ondervinding sal in die aansoeker se guns tel, maar is nie ’n posvereiste nie. Die Junior Wynmaker rapporteer direk aan die Hoof Wynmaker en is verantwoordelik vir: • die koördinering van parsaktiwiteite • nasorg, versnyding en stabilisering van wyn • koördinering van kwaliteitkontrolestelsels • die wynmaakproses as deel van die wynmaakspan • voorraad en kelderhigiëne • kelderadministrasie • beheer en toesig oor kelderpersoneel • skakeling ten opsigte van wynproeë en -promosies • alle ander take wat met die pos verband hou. In ruil vir jou bydrae bied McGregor Wines ’n mededingende vergoedingspakket aan wat die graad van die pos sal weerspieël.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...