Job Details

Administratiewe Beampte

Closing Date : 2017-07-20
Closed : Yes
Description:
Ons klient, ‘n verpakkings maatskappy in Marble Hall, beskik tans oor ’n loopbaan geleentheid vir ’n betroubare, energieke en selfgemotiveerde persoon met die vermoë om akkuraat onder druk te kan werk. Drie jaar toepaslike ondervinding in 'n soortgelyke betrekking, deeglike administratiewe en rekenaarvaardighede (Pastel/Evolution) sal in die aansoeker se guns tel. Die pligte behels onder andere bestelling van voorraad, uitreik en inneem van voorraad, hantering van kliëntebestellings, kliëntenavrae, invordering van debiteure, kleinkas, skakelbord en ander administratiewe pligte. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 20 Julie 2017. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...