Chemiese Analis - Namaqua Wines
Closing Date : 2017-07-18
Closed : Yes
Description:
Chemiese Analis
Namaqua Wines, in Vredendal geleë, benodig tans die dienste van ’n bekwame, dinamiese en selfgemotiveerde persoon met die vermoë om akkuraat en onder druk te werk. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie in Natuurwetenskap met rekenaarvaardigheid is verdere vereistes vir hierdie pos, terwyl ondervinding van die Winescan en laboratoriumwerk in die kandidaat se guns sal tel.
Die suksesvolle aansoeker se pligte sal onder andere roetine-laboratoriumontledings en kwaliteitkontrole van die wynbereidingsproses behels.
In ruil vir u bydrae bied Namaqua Wines ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 14 Julie 2017. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management op 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien binne twee weke na die sluitingsdatum geen terugvoer ontvang is nie, kan aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...