Job Details

Wynmaker (Rooiwyn) - Koelenhof Wynkelder

Closing Date : 2017-07-17
Closed : Yes
Description:
WYNMAKER (ROOIWYN) Koelenhof Wynkelder in die Stellenbosch Wynstreek beskik tans oor ’n opwindende loopbaangeleentheid vir ’n goeie kommunikeerder met ’n naskoolse kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde asook minstens 5 jaar toepaslike ondervinding van die totale wynmaakproses. Die Wynmaker is verantwoordelik vir • die koördinering van parsaktiwiteite • die totale wynmaakproses • versnyding en stabilisering van wyn • skakeling met wynaankopers • bestuur van kwaliteitskontrolestelsels (IPW) • wingerdboupraktyke • voorraadbeheer en produksie-administrasie • opstel en toepassing van kelderbegrotings • hulp met bemarkingsaktiwiteite en aanbied van wynproeë • beheer en toesig oor kelderpersoneel sowel as ander take wat normaalweg met die pos verband hou. In ruil vir u bydrae bied Koelenhof Wynkelder’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 17 Julie 2017. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management by 021 863 1444. Diensaanvaarding: So Spoedig as moontlik. NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...