Kosterekenmeester
Closing Date : 2017-07-20
Closed : Yes
Description:
Ons kliënt, geleë buite Ceres is ’n gevestigde, kommersiële landbou onderneming, wat spesialiseer in die verbouing van vars groente en vrugte en beskik tans oor die volgende posisie:
KOSTEREKENMEESTER
Die suksesvolle aansoeker moet ten volle tweetalig wees, organisatories, onder druk en baie noukeurig kan werk asook ’n sterk aanvoeling vir besigheid hê. ’n Toepaslike rekeningkundige kwalifikasie (B Comm Bestuursrekeningkunde of gelyke), bedryfskoördinerings ondervinding van tussen 3 – 5 jaar op ’n senior vlak is vereistes vir die pos. Deeglike administratiewe en rekenaarvaardighede is verdere vereistes.
Die aansoeker sal verantwoordelik wees vir die totale kosteberekeningfunksie van al die entiteite wat deur die maatskappy geadministreur word. Dit behels ondermeer bestuur van inligtingstelsels (deurlopende integrasie en verbetering), rekonsiliasie, bestuurs-inligting en verslagdoening, klante-bestuur en assisteer in onderhandelinge, aktiewe/progressiewe begrotingsbestuur, oorhoofse verslagdoening vir besluitneming oor verpakkingsuitsette naamlik, daaglikse teikein-bestuur, gehalte- en kwaliteitbestuur en alle ander administratiewe take wat verband hou met die pos.
In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 20 Julie 2017. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
Indien u binne 30 dae geen terugvoering ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was
×Please sign-in or register before you can apply for this job...