Job Details

Finansiële Bestuurder - Lutzville Wynkelder

Closing Date : 2017-07-04
Closed : Yes
Description:
Finansiële Bestuurder Lutzville Wynkelder, geleë in die Weskus Wynroete, beskik tans oor die bogenoemde loopbaangeleentheid vir ’n dinamiese persoon wat ten volle tweetalig is, goeie menseverhoudinge handhaaf, ’n uitstekende kommunikeerder is, organisatories, onder druk en baie noukeurig kan werk. ’n Toepaslike naskoolse rekeningkundige kwalifikasie (Geoktrooieerde Rekenmeester (CA)/B.Compt) is ’n vereiste vir hierdie pos terwyl ± 10 jaar ondervinding in die landboubedryf in die aansoeker se guns sal tel. Goeie rekenaarvaardighede (Excel) en ’n geldige bestuurslisensie is verdere vereistes vir die pos. Die suksesvolle kandidaat rapporteer aan die Hoofbestuurder en sal verantwoordelik wees vir die bestuur van die totale finansiële afdeling wat onder andere insluit: • maandelikse bestuurstate • jaareind finansiële state • jaarlikse begrotings • grootboek • bestuursinligtingstel • tesouriefunksie • oorkoepelende bestuur van debiteure- en krediteurefunksie • personeelbestuur • stelselverfyning en -ontwikkeling • statutêre werk. In ruil bied Lutzville Wynkelder ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3online.co.za voor 09:00 op 4 Julie 2017. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik Indien u binne 30 dae geen terugvoering ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...