Job Details

Intern: Bedryfsielkunde - M3 Human Capital

Closing Date : 2017-06-28
Closed : Yes
Description:
M3 Human Capital Management, ’n gevestigde onderneming met verskeie kliënte in die landbou- en wynbedryf, met sy hoofkantoor in die Paarl, beskik tans oor die volgende betrekking: INTERN: BEDRYFSIELKUNDE Die suksesvolle aansoeker moet ten volle tweetalig wees (’n derde inheemse taal sal in die aansoeker se guns tel), organisatories sterk wees en baie noukeurig kan werk asook ’n sterk aanvoeling hê vir die hantering van diversiteit. ’n Entrepreneuriese ingesteldheid sal in die aansoeker se guns tel. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie (Mcomm (Psig) of soortgelyk) se modulêre been moet reeds voltooi wees, terwyl regristrasie as Intern by die HPCSA ’n verdere vereiste sal wees. Die aansoeker raporteer direk aan die Besturende Direkteur asook die Senior Konsultante en die vernaamste take en verantwoordelikhede sluit die volgende in: * voltooiing van ‘n goedgekeurde internskapprogram * werwing en keuring * opleiding en ontwikkeling * psigometriese asseserings * organisasie ontwikkeling * posgraderings * gelyke indiensname- en vaardigheidsplan fasilitering en indiening * alle ander MHB en administratiewe take verwant aan die betrekking as MHB konsultant asook entrepreneuriese handelinge. In ruil bied M3 Human Capital Management ’n mededingende vergoedingspakket aan. Die pos is onderhewig aan die toekenning van ’n internskap aan M3 Human Capital Management deur die HPCSA. Indien u belangstel, rig u CV met ‘n dekbrief aan DB Hauptfleisch, per epos na db@m3online.co.za voor 28 Junie 2017. Diensaanvaarding: 1 Oktober 2017. Indien u nie binne twee weke na die sluitingsdatum terugvoer ontvang het nie, was u aansoek onsuksesvol.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...