Job Details

Administratiewe Assistent Wynmaker - Landskroon

Closing Date : 2017-06-15
Closed : Yes
Description:
Landskroon Wyne, ’n gevestigde wynlandgoed geleë teen die hange van Paarlberg beskik tans oor die volgende opwindende betrekking: ADMINISTRATIEWE ASSISTENT - WYNMAKER Die suksesvolle aansoeker moet ten volle tweetalig wees, organisatories, onder druk en baie noukeurig kan werk. Rekenaarvaardigheid is ’n verdere vereiste vir hierdie pos. Kennis van wynstelsels asook kwaliteitskontrolestelsels in die wynbedryf (HACCP, BRC en ISO) sal in die aansoeker se guns tel. ’ n Toepaslike kwalifikasie in Wingerd & Wyn met 1-3 jaar relevante ondervinding is vereistes vir die pos. Die pligte behels oa: * koördinering en beplanning van parsaktiwiteite, botteleringsaktiwiteite en voorbereiding van bestellings vir plaaslike en uitvoermarkte in samewerking met die wynmaker/bestuurder * aanbied van wynproeë en behulpsaam met bemarkingsaksies * SAWIS dokumentasie * droeë voorraad aankope en bestuur * rekordhouding * IPW sertifiseering van die kelder * WIETA * alle ander administratiewe take verwant aan die pos. In ruil bied Landskroon Wyne ‘n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 15 Junie 2017. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444. Diensaanvaarding: 1 Augustus 2017. Indien u binne 30 dae geen terugvoering ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was

×Please sign-in or register before you can apply for this job...