Job Details

Voorraad en Logistieke Koördineerder - Diemersdal

Closing Date : 2017-06-23
Closed : Yes
Description:
Voorraad & Logistieke Koördineerder Diemersdal, die welbekende Wynlandgoed in die Durbanville Wynstreek, beskik tans oor die volgende betrekking vir 'n dinamiese, self-gemotiveerde persoon met die vermoë om akkuraat en onder druk te werk. 'n Matriek sertifikaat, relevante kortkursusse en ten minste drie jaar ondervinding in 'n soortgelyke posisie asook rekenaarvaardigheid (Wine MS & MS Office) is minimum vereistes vir hierdie pos. 'n Toepaslike tersiêre kwalifikasie sal in die aansoeker se guns tel terwyl bewese ervaring in die wynbedryf ‘n verdere vereiste is. Die pligte behels onder andere: * Bestuur van droë voorraad * voorraad kontole, opnames, implimentering en handhawing van stelsels * koôrdineer etiketteringsprosesse * alle aspekte rakende die hantering van bestellings en prosessering op Wine MS * skakeling met logistieke maatskappye * alle ander administratiewe take wat verband hou met die pos. In ruil bied Diemersdal 'n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 23 Junie 2017. Vir algemene navrae kontak Ilze van Niekerk by M3 Human Capital Management 021 863 1444. Aanvangsdatum: So gou as moontlik. NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...