Job Details

Finansiële Bestuurder - Lutzville Wynkelder

Closing Date : 2017-06-13
Closed : Yes
Description:
FINANSIËLE BESTUURDER Lutzville Wynkelder, geleë in die Weskus Wynroete, beskik tans oor die bogenoemde loopbaangeleentheid vir ’n dinamiese persoon wat ten volle tweetalig is, goeie menseverhoudinge handhaaf, ’n uitstekende kommunikeerder is, organisatories, onder druk en baie noukeurig kan werk asook ’n sterk aanvoeling vir finansies het. ’n Toepaslike naskoolse rekeningkundige kwalifikasie (Geoktooieërde Rekenmeester (CA)/B.Compt) is ’n vereiste vir hierdie pos terwyl ± 10 jaar ondervinding in die landbou bedryf in die aansoeker se guns sal tel. Goeie rekenaarvaardighede (Excel) en ’n geldige bestuurslisensie is verdere vereistes vir die pos. Die suksesvolle kandidaat sal direk rapporteer aan die Hoof Uitvoerende Beampte en sal verantwoordelik wees vir die bestuur van die totale finansiële afdeling wat insluit: * maandelikse bestuurstate * jaareind finansiële state * jaarlikse begrotings * grootboek * bestuursinligtingstelsel instandhouding * tesouriefunksie * oorkoepelende bestuur van debiteure en krediteure funksie * personeelbestuur * stelselverfyning en ontwikkeling * opleiding en alle administratiewe funksies van die kelder sal insluit. In ruil bied Lutzville Wynkelder ‘n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 13 Junie 2017. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik Indien u binne 30 dae geen terugvoering ontvang nie kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...