Laboratorium Tegnikus - Lutzville Wingerde
Closing Date : 2017-06-02
Closed : Yes
Description:
Laboratorium Tegnikus
Lutzville Wingerde Bpk geleë in die Olifantsrivier Wynvallei, benodig tans die dienste van ’n bekwame, dinamiese en selfgemotiveerde persoon met die vermoë om akkuraat en onder druk te werk. Die geskikte kandidaat is ’n goeie kommunikeerder, wat oor leiereinskappe beskik en wat goed in ’n span kan saamwerk. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie in ’n chemiese rigting en rekenaarvaardigheid (MS Word/Ezy Wine) is vereistes vir hierdie pos terwyl 3jaar ondervinding van laboratorium werk in die aansoeker se guns sal tel.
Die aansoeker se pligte behels onder andere • wye verskeidenheid van mikro en chemiese analises •standardisering, kalibrering en verifiëring • die neem van monsters • higiëne en huishouding • instandhouding van toerusting • voorraadmonitering • handhawing van gehaltestelsels volgens maatskappy- en laboratoriumbeleid en alle ander funksies wat verband hou met die pos.
In ruil vir jou bydrae bied Lutzville Wingerde Bpk ’n mededingende vergoedingspakket aan.
Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 2 Junie 2017 Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
Indien geen terugvoer binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang is nie, kan aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.
×Please sign-in or register before you can apply for this job...