Job Details

Ontvangs/ Persoonlike- & Finansiële Assistent

Closing Date : 2017-06-07
Closed : Yes
Description:
Nexus AG is een van die voorste verspreiders van landboumiddels wat omvattende oesbeskermingsdienste aan hul kliënte in Suiderlike Afrika bied Ontvangs/ Persoonlike- & Finansiële Assistent (5 maande kontrak pos) Paarl Die ideale kandidaat is ’n goed tweetalige, selfversekerde, toegewyde persoon met ’n natuurlike syferaanleg wat organisatories, onder druk en baie noukeurig kan werk. Deeglike administratiewe vaardighede en rekenaarvaardigheid (MS Office/Sage X3) is verdere voorvereistes. Die ideale kandidaat het bewese ervaring van ten minste 3-5 jaar in ’n soortgelyke posisie. Die aansoeker sal verantwoordelik wees vir *uitstraal van professionele korporatiewe beeld * koördinering van alle persoonlike, sekretariële en administratiewe take wat die volgende insluit: * fakturering * vaslegging van krediteure * kleinkas administrasie * ontvangs en skakelbord * byhou van dagboeke * reël van afsprake * hanteer besprekings van vergaderingslokale en reël van vergaderings en funksies * uitstuur van kennisgewings van vergaderings * opstel van agendas * sirkulering van notules en alle ander take verwant aan hierdie tipe pos. In ruil vir jou bydrae bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 7 Junie 2017. Vir verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444. Diensaanvaarding: 01 Julie 2017 Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was

×Please sign-in or register before you can apply for this job...