Job Details

Assistent Wynmaker - Southern Cape Vineyards

Closing Date : 2017-06-05
Closed : Yes
Description:
Assistent Wynmaker Suid-Kaap Wingerde met sy aanleg, geleë in Barrydale, beskik tans oor hierdie uitdagende geleentheid. Die suksesvolle kandidaat moet toegewyd en selfgemotiveerd en gefokus wees op die maak van wêreldklas wyne. ’n Toepaslike naskoolse kwalifikasie in Wingerdbou en Wynkunde, 2 -3 jaar toepaslike ondervinding en rekenaarvaardigheid is vereistes vir die pos. Die suksesvolle kandidaat sal aan die Keldermeester rapporteer en die verantwoordelikhede sluit die volgende in: die köordinering van parsaktiwiteite * die totale wynmaakproses * nasorg, versnyding en stabilisering van wyn * voorraadbeheer en kelderhigiëne * kwaliteitsbestuur (IPW en HACCP) * afvalwater bestuur * klein skaal bier brou * beheer en toesig oor kelderpersoneel * assistering in bottelwynverkope, wynproë en –promosies en alle ander funksies wat verband hou met die pos. In ruil vir jou bydrae bied ons Suid-Kaap Wingerde ’n mededingende vergoedingspakket aan. Doen asseblief aanlyn aansoek by www.m3humancapital.co.za voor 09:00 op 5 Junie 2017. Vir enige verdere navrae kontak vir Ilze van Niekerk by 021 863 1444. Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. NS: Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

×Please sign-in or register before you can apply for this job...